Die Wet op Huweliksgoedere 88 van 1984, die Wysigingswet op Huweliks- en Huweliksgoedere, nr. 3 van 1988 en enige ander toepaslike wysigings maak voorsiening vir drie tipes huweliksbedelings –
1: Huwelik binne gemeenskap van goedere:
Alle aardse besittings word by huweliksbevestiging, gemeenskaplike eiendom. Beide partye moet instem tot bepaalde transakies. Dit wat besit word, en dit wat geskuld word, is beide partye se verantwoordelikheid. Vir hierdie bedeling, is geen voorhuwelikse kontrak nodig nie.
2: Huwelik buite gemeenskap van goedere met die aanwasbedeling:
In hierdie bedeling bly alle eiendom wat voor die huweliksbevestiging aan die egpaar individueel behoort het, steeds die individu se eiendom sonder deling. Alle eiendom wat na die huweliksbevestiging aangeskaf word, is egter gemeenskaplike eiendom.
3: Huwelik buite gemeenskap van goedere sonder die aanwasbedeling:
In hierdie bedeling bly alle eiendom wat voor die huweliksbevestiging aan die egpaar individueel behoort het, steeds die individu se eiendom sonder deling. Alle eiendom wat na die huweliksbevestiging aangeskaf word, bly ook elke huweliksgenoot se ongedeelde eiendom.
Regskenners wat jou kan bystaan met die opstel van jou voorhuwelikse kontrak:
Tintingers Lawyers:
Tel: 0123467275
Tiaan and Tania
Rothmann:
Tel: 0124600220
Neem asb kennis dat voorhuwelikse kontrakte wat deur JVR prokureurs, Groenewald Prokureurs of Mario Coetzee Prokureurs opgestel is, nie aanvaar word nie.