Berading

Elke persoon ervaar dikwels druk en moet soms besluite neem wat buite hul gemaksone val. Niemand is eweneens immuun teen tye van trauma en moedeloosheid in hul lewens nie. Eensaamheid te midde van die massas in ‘n gejaagde sosiale stelsel maak die lewe ook nie juis makliker nie.

Omdat ons in ‘n gebroke wêreld leef, het elkeen van ons soms ‘n sensitiewe oor- en gebedsmaat nodig. Huweliksuitdagings is ook nie ongewoon nie. Moet dus nie u bekommernisse alleen dra nie. Maak oop, deel met ‘n gehoorsame gesalfde en ervaar eerstehands die vryheid waarmee u gees geskep is. En as u u huwelik wil verbeter, of as u dit net wil onderhou, is u ook nou op die regte plek.

Vader het Naomi geseën met ‘n passie vir die welsyn van haar medemens en buitengewone insigte in alledaagse uitdagings wat so gereeld elkeen van ons se paaie kruis.

 

 

Praat dus gerus met Naomi en maak ‘n afspraak as lewensvermoeidheid en omstandighede net te veel vir u is, en ervaar hoe Vader haar gebruik om u hand te neem, tot totale vernuwing.

Naomi is ook deur die Departement van Binnelandse Sake aangestel as ‘n Huweliksertifiseerder. Sy kan dus die belangrikste, naamlik die geestelike band van u huwelik, met die wettige in een seremonie kombineer. Die huwelik is nie net ‘n randtransaksie nie. Benewens u keuse om Jesus Christus as Verlosser te aanvaar, seker die belangrikste besluit wat u ooit kan neem, loop sy saam met die voornemende egpaar ook ‘n leidingspad.

Naomi Hayward is gelisensieer by die Fellowship of Christian Churches in Africa, sy is ‘n geregistreerde en gemagtigde berader by CCSA (Council for Councilors in SA) en is ook ‘n geregistreerde Geestelike Praktisyn by die Association of Religious Practitioners.