25/09/24
VIR DIE OPREGTES (LL)
Vir die opregtes gaan Hy op as ‘n lig in die duisternis: Get. genadig en barmhartig en regverdig.
Wie is daar onder julle wat die HERE vrees, wat na die stem van sy Kneg luister, wat in duisternisse wandel en geen ligstraal sien nie? —laat hy vertrou op die Naam van die HERE en steun op sy God! As hy val, dan stort hy nie neer nie; want die HERE ondersteun sy hand.Wees nie bly oor my nie, o my vyandin! Al het ek geval, ek staan weer op; al sit ek in duisternis, die HERE is ‘n lig vir my.
Die toorn van die HERE sal ek dra, want ek het teen Hom gesondig; totdat Hy my saak verdedig en my reg verskaf. Hy sal my uitlei in die lig; ek sal met welgevalle sien hoe Hy geregtigheid oefen.
Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees. Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie!
GEBED:
Heer, dankie dat U eie Lamp en en U eie lig uself vooruitgegaan het om ons instaat te stel om U met gemak en liefde te volg Amen
Ps 112;4;Jes50:10;Ps37:24;Mig7:8-9;Math 6:22-23
(Liefland Krone)
www@icho.co.za