5/9/17
DIE HERE IS VIR MY ‘n HELPER (LL)
En Hy antwoord: Moet Ek self meegaan om jou die rusplek te verskaf?
Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die HERE jou God wat saam met jou trek; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie. Toe het Moses Josua geroep en aan hom voor die oë van die hele Israel gesê: Wees sterk en vol moed, want jy sal met hierdie volk in die land ingaan wat die HERE aan hulle vaders met ‘n eed beloof het om aan hulle te gee; en jy sal hulle dit laat erwe. En dit is die HERE wat voor jou uit trek; Hy sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie; jy mag nie bevrees of verskrik wees nie. Jos 1:9 Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die HERE jou God is met jou, oral waar jy heengaan.
Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie. Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my ‘n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal ‘n mens aan my doen? Nie dat ons uit onsself bekwaam is om iets as uit onsself te bedink nie, maar ons bekwaamheid is uit God.
GEBED:
Vader, dankie vir die waarborg om te weet en n terugblik te kan gerniet toe U vir ons hierdie belangrike riglyn van toepasiing gemaak het in ons lewe. “Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak”. U woord is nogsteeds “’n Lamp vir ons voet en “n lig vir ons pad. “En lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid.” Maar ék vertrou op U, o HERE! Ek sê: U is my God Amen
Eks 33:14;Deut 31:6-8+Jos 1:9+Spr3:6;Heb13:5-6+2Kor 3:5;Math6:13+Jer10:23+Ps31:15
(Liefland Krone)
www.icho.co.za