Die legitimasieliggame sowel as voorafbepaalde regulasies laat ‘n spesifieke bedrae toe wat ‘n huweliksbevestiger mag vra vir sy of haar dienste.
Daar is egter aansienlike minimum uitgawes wat gedek moet word rondom die administratiewe voorbereiding en registrasie van die huwelik.
Sou ‘n huweliksbevestging buitengewoon vêr wees van die area waar Naomi gewoonlik funksioneer, is ‘n verdere bydrae ten opsigte van die voertuig se behoeftes en akkomodasie noodsaaklik.
Alle kostes sal vooraf tydens die voorhuwelikse onderhoud met die voornemende egbaar bespreek word.