Administratiewe en tegniese vereistes vir ‘n staatkundige huwelik.

Voordat die Naomi die huweliksbevestiging kan doen, benodig sy inligting oor die bruidegom, die bruid en die getuies.

Om dit makliker te maak, kan bruidspare die vorm waarop die inligting ingevul kan word, hier bekom. Die bruidspaar en die getuies kan dan die gevraagde inligting daar voorsien, en dit epos aan naomi@icho.co.za.

Hierdie volledig voltooide vorm moet minstens twee weke, voor die geskeduleerde datum, reeds gestuur wees sodat administratiewe verifikasies en voorbereidings getref kan word.

Marriage Certification Preliminary Form

Huweliksbevestiging Vooraf Vorm

Application for Marriage Certificatebi-130

Tydens die afspraak voor die huwelikbevestiging, word die volgende dokumente verlang:

  • Identiteitsdokumente van die bruidspaar.
  • Identiteitsdokumente van die getuies.
  • Indien die paar buite gemeenskap van goedere wil trou, die voorblad van ‘n dokument deur die opsteller van die bedelingsdokument, waarop die notaris-stempel voorkom. Indien hierdie voorblad nie die aard van die bedeling omskryf nie, moet ook die deel van die ooreenkoms waarin dit omskryf word, voorsien word.
  • Indien daar by een of albei partye vorige huwelike is wat deur ‘n menslike hof ontbind is, die hofbevel met die hofstempel op.
  • Indien die bruid tussen vyftien en een en twintig jaar oud is, ‘n voltooide instemmingsvorm van haar ouers of voogde met die nodige instemming. Indien die bruidegom tussen agtien en een en twintig jaar oud is, word dieselfde vorm met ouertoestemming tot sy huwelik, voorsien word.  Indien die bruid jonger as vyftien jaar oud is, of die bruidegom jonger as agtien jaar, moet instemming van die minister van binnelandse sake verkry word.

 

Onderaan hierdie inligtingstuk, word inligting voorsien van bekwame regskenners wat kan help met die opstel van die voorhuwelikse kontrakte.- Indien een of albei partye ‘n wewenaar of weduwee is, die doodsertifikaat van die afgestorwe gade.

 

 

Belangrik:

NB: Daar moet ook drie duidelike en op-skaal afskrifte van elkeen van hierdie dokumente tydens die afspraak voorsien word.

NB: Drie paspoortfoto’s van die bruidegom en die bruid moet ook voorsien word.

NB: Tydens die huweliksbevestiging MOET beide partye van die bruidspaar self, sowel as beide getuies soos gedokumenteer in die voorafreëlings, fisies teenwoordig wees. Die ondertekening van dokumente mag slegs in al die partye se teenwoordigheid geskied. Die dokumente soos tydens die voorafafspraak, moet dan ook voorhande wees sodat enige moontlike situasie wat mag opduik, opgevolg kan word.