Intersessie

Kom bid saam met ons.

 

 

 

Dikwels is jy so eensaam. Jy voel of jou gebed by die mure en die dak eindig. Jy wonder of jou gebede enigsins deur Vader gehoor word, laat staan nog, verhoor word.

Jy hoef nie alleen te bid nie. ‘n Ervare intersessor, sal saam met jou intree, saam met jou die gebedspad stap.

Wanneer Naomi vir jou bid, kan jy maar weet, dit is nie net ydel woorde nie. Haar nabye verhouding met haar Skepper verseker dat sy nie net sal belowe dat sy vir, en saam met jou, sal intree nie, maar opreg en in die wete dat Vader haar hoor, jou saak saam met jou, voor Hom bepleit. Dikwels lei Vader haar so, dat sy reeds vir jou intree nog voordat jy gevra het. Neem vandag nog, vrymoedigheid om jou gebedsversoek, met Naomi te deel, en sy sal saam met jou, jou smekinge voor Vader bring.