Huweliksbevestigings

Die wese van die huwelik.

Die huwelik is eerstens ‘n instelling van God-drie enig self. Hy het in die tuin van Eden, die eerste huwelik self bevestig. So het Hy self die voorbeeld gestel van hoe huwelike gebind behoort te word.

Ooreenkomstig die Woord se voorskrifte in ondermeer die onderstaande tekste, sowel as die bepalings van die FCCA se skrifgetroue grondwet, sal geen huwelik van homoseksuele aard, deur enige van FCCA se huweliksbevestigers bevestig word nie.

 

  • Genesis 19:5
  • Levitikus 18:22
  • Levitikus 20:13
  • Deuterenomium 23:17
  • Rigters 19:22
  • 1 Konings 14:24
  • 1 Konings 15:12
  • 1 Konings 22:46
  • 2 Konings 23:7
  • Romeine 1:26-27
  • 1 Korinthiërs 6:9
  • 1 Timotheus 1:9:10

Mettertyd het die die mens owerhede begin skep om dit wat Vader self begin het, te administreer. Een van die dinge wat hulle begin administreer het, was die staatkundige dokumentasie van huwelike. Dit moet duidelik gestel word dat hierdie stap nie die huwelik ontneem van sy Goddelike oorsprong nie. Die huwelik is en bly steeds eerstens ‘n simbool van die samebinding van Skepper en skepsel. Daarom, moet die huwelik eerstens as instelling van Homself, geëer word.

In vandag se samelewing word die staatkundige dokumentasie van ‘n huwelik as norm gestel, veral met die oog op besigheidsbelange. Alhoewel opsioneel, is dit tog ‘n goeie manier om sekere materiële sake makliker te maak tussen huwelikspare en in gesinne. Die gemeenskap het ook reeds so gewoond geraak daaraan dat ‘n huwelik staatkundig gedokumenteer word, dat die wat dit nie nie doen nie, dikwels gestigmatiseer word.

Daarom dan hierdie kort inligtingstuk oor hoe om te werk te gaan om ‘n Godgegewe huwelik, ook staatkundig korrek gedokumenteer te kry.

Om ‘n huwelik staatkundig te wettig, moet ‘n gelisensiëerde huweliksbevestiger ‘n register voltooi na die verifikasie van die bruidspaar se dokumentasie. Daarna, lei die bevestiger ‘n voorgeskrewe prosedure, en hanteer daarna die registrasie van die huwelik op die staatsrekords.