25/10/8
VANTEVORE GEKEN, UITVERKIES EN VERORDINEER (LL)
Soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees, moet ons God altyd oor julle dank, broeders wat deur die Here bemin word, dat God julle van die begin af verkies het tot saligheid in heiligmaking van die Gees en geloof in die waarheid, waartoe Hy julle geroep het deur ons evangelie om die heerlikheid van onse Here Jesus Christus te verkry.
Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders;, en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik.
Uitverkore volgens die voorkennis van God die Vader, in die heiligmaking van die Gees, tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed van Jesus Christus: Mag genade en vrede vir julle vermenigvuldig word!
GEBED:
Jesus, U ons erfenis , wat ons as verstrooide vreemdelinge nader getrek het. Ons erfenis is vir ons voorberei en bewaar. Ons wat glo, kan staatmaak op die bewarende krag van God. Dankie dat U belofte is, dat U ons ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in ons binneste en U sal die hart van klip uit ons vlees wegneem en ons‘n hart van vlees gee. Mag genade en vrede vir julle vermenigvuldig word! Want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking. Amen.
Eff 1:4; 2 Thess 2:13-14; Rom 8:29-30; 1 Petr 1:2; Eseg 36:26; 1 Thess 4:7
(Liefland Krone)
www.icho.co.za